SKATKISBOEKE - TREASURE CHEST BOOKS

(Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet - Memories of old books is a treasure to enjoy)

APACHE AND MARK CONDOR REEKS

APACHE - Die verhale speel af in die Amerikaanse wilde weste.  Cha is die naam van “Apache,” die laaste vegter van sy stam.  Hy was die man wat geveg het vir die regte en grond van sy mense.  Die verhale is tipes van die Amerikaanse geskiedenis.  Wit mense wat die Apache se grond beset en hulle dan na reservate verban en die gevolge daarvan.  Klink dit dalk bekend?  Sy gevegte was teen dranksmokkelaars, rowers en moordenaars van sy tyd.  Sy wapens was ’n ordentlike jagmes, ’n geweer en ook ’n pyl en boog, wat hy gewoonlik op ’n dramatiese wyse gebruik het om van sy vyande ontslae te raak.  

Tipies van elke verhaal was dat daar ’n mooi vrou was wat altyd op een of ander manier in die moeilikheid beland het.  Daar was ook in elke episode ’n mes geveg en vuiste wat klap.  Die skrywer van die reeks en die hoof karakter se naam is nie bekend nie.  Fotografie was goed vir daardie tyd en redelike aandag was gegee om die klere en agtergrond, om dit sodoende oorspronklik te probeer hou.  Sy verhale is later met “Mark Condor” gedeel as ’n dubbelboek in A4 grootte.

MARK CONDOR - Van al die fotoverhale het “Mark Condor” gegroei tot die grootste en een van die gewildste van al die reeks fotoverhale.  Martin Pols het ’n bekende akteur geword en was gou aan almal bekend.

Na sy fotoverhaal dae, kon hy steeds op sy reputasie voortbou en het homself as bekende sakeman in die finansierings besigheid in die Centurion omgewing gevestig.  Tot vandag toe weet almal dat Martin Pols en Mark Condor sinoniem was. Geen een van die boekies wat ek besit gee enige erkenning aan die skrywers nie.  Miskien kan ’n leser of ’n skrywer ons op die regte spoor bring.

Wie was Mark Condor?  As jy van Obed de Swardt se wedervaringe as die Swerwer Speurder gelees het (storieverhaal reeks), het jy daar ’n soortgelyke weergawe en karakter gevind. Mark Condor was ’n aantreklike ryk jongman wat alles gehad het.  Hy was ’n miljoenêr met sakebelange dwars oor die wêreld.  Wat moes hy doen om homself besig te hou?  Hy het speurwerk gedoen en avonture dwars oor die wêreld beleef.  Sy teenstanders was moordenaars, rowers en allerhande soort smokkelaars, ja in daardie tyd selfs dwelmhandelaars ook.

Hy was ’n huursoldaat wat met Zapata kon kragte meet en het selfs op kere met ruimtewesens deurmekaar geraak. Teen die einde van reeks het ons kennis gemaak met die “seun” van Mark Condor, wat hom sou opvolg.  Maar dit was egter Martin Pols se gesig wat onhou word.

Van ’n enkel boekie het die reeks naderhand ’n dubbelboek geword wat met Apache en Thor gedeel was. Ek vermoed die reeks het tussen 500 en 600 uitgawes beloop, (deur Koos Papenfus).

Apache and Mark Condor - Back from the grave and Never say dieApache and Mark Condor - City evil and The dark light
41. Apache and Mark Condor - Back from the grave and Never say die 94. Apache and Mark Condor - City evil and The dark light

Apache and Mark Condor  - Pit of darkness and Death at dawnApache and Mark Condor - Testing time and Ravishing rebels
106. Apache and Mark Condor - Pit of darkness and Death at dawn 109. Apache and Mark Condor - Testing time and Ravishing rebels

 Apache and Mark Condor - Document of blood and Condor and the countess
110. Apache and Mark Condor - Document of blood and Condor and the countess

Copyright © 2019 by Pieter Haasbroek and Koos Papenfus. All rights reserved.
Last updated: 9 November 2019